Klein Magellaanse Wolk

Klein Magellaanse Wolk
Sterrebeeld Toekan en Suidelike Waterslang
Tipe SB(s)m pec[1]
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 00h 52m 44.8s[1]
Deklinasie -72° 49′ 43″[1]
Skynmagnitude (m) 2,7[1]
Besonderhede
Afstand (ligjaar) 201 000 ligjare
(61 700 parsek)[2]
Skynbare grootte 7 000 ligjare (deursnee)[3]
Ander name SMC,[1] NGC 292,[1] PGC 3085,[1]
Lugkoördinate
00h 52m 44.8s, −72° 49′ 43″
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Die Klein Magellaanse Wolk (KMW) is ’n satellietsterrestelsel van die Melkweg.[4] Dit is ’n onreëlmatige stelsel en het ’n deursnee van sowat 7 000 ligjare.[3] Die KMW bevat honderdmiljoene sterre[4] en het ’n totale massa van sowat 7 miljard sonmassas (M).[5] Die stelsel het ’n sentrale staaf en was vermoedelik eers ’n spiraalsterrestelsel met ’n staaf wat deur die Melkweg versteur is en so ’n onreëlmatige stelsel geword het.[6] Op ’n afstand van sowat 200 000 ligjare is dit een van die naaste sterrestelsels aan die Melkweg; dit is ook een van die verste voorwerpe wat met die blote oog van die Aarde af sigbaar is.

Die KMW is uit die hele Suidelike Halfrond te sien. Dit is dofweg in die sterrebeelde Toekan en Suidelike Waterslang sigbaar en lyk soos ’n ekstra, los stuk van die Melkweg. Die KMW het ’n gemiddelde skynbare deursnee van sowat 4,2° (8 keer dié van die Maan) en dek dus ’n gebied van 14 vierkante grade (70 keer soveel as die Maan).

Omdat die voorwerp baie dof is, is dit die beste te sien op ’n donker, wolklose nag ver weg van ligbesoedeling. Dit vorm ’n paar met die Groot Magellaanse Wolk (GMW), wat 20° oos daarvan lê, en is nes die GMW lid van die Plaaslike Groep. Dit was waarskynlik vroeër ’n satellietstelsel van die GMW.

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 1,5 1,6 "NASA/IPAC Extragalactic Database". Results for Small Magellanic Cloud. Besoek op 1 Desember 2006.
  2. Graczyk, Darius; Pietrzyński, Grzegorz; Thompson, Ian B.; Gieren, Wolfgang; Pilecki, Bogumił; et al. (2014). "The Araucaria Project. The Distance to the Small Magellanic Cloud from Late-type Eclipsing Binaries". The Astrophysical Journal. 780 (1): 59. arXiv:1311.2340. Bibcode:2014ApJ...780...59G. doi:10.1088/0004-637X/780/1/59.
  3. 3,0 3,1 "Magellanic Cloud". Encyclopædia Britannica. 2009. Besoek op 30 Augustus 2009.
  4. 4,0 4,1 "The Small Cloud of Magellan". 17 Junie 2006. Besoek op 7 Julie 2008.
  5. NASA ADS - The total mass and dark halo properties of the Small Magellanic Cloud
  6. "Small Magellanic Cloud". NASA/IPAC. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 November 2015. Besoek op 7 Julie 2008.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search